Sunday 16 December 2012

Geloftedag

DIE GELOFTE

My broers en mede-landgenote, hier staan ons voor die Heilige God van hemel en aarde om 'n gelofte aan Hom te doen, dat, as Hy ons sal beskerm en ons vyand in ons hand sal gee, ons die dag en datum elke jaar as 'n dankdag, soos 'n Sabbat sal deurbring: en dat ons 'n huis tot Sy eer sal oprig waar dit Hom behaag; en dat ons ook aan ons kinders sal sê dat hulle met ons daarin moet deel tot nagedagtenis ook vir die opkomende geslagte; want die eer van Sy Naam sal verheerlik word deur die roem en eer van die oorwinning aan Hom te gee.

Geloftedienspreek

Wednesday 18 July 2012

Sharpen your conscience (by John MacArthur)

"Just like any other emergency warning system, your conscience needs to be properly programmed and calibrated in order to function correctly. An uninformed, untrained conscience will be unstable and unreliable, consistently misfiring and misleading, or even altogether useless.


But just as dangerous as an untrained conscience is the conscience that’s tied to the wrong standard. The conscience is informed by tradition as well as by truth, so the standards it holds us to are not necessarily biblical ones (1 Corinthians 8:6‑9). It can be needlessly condemning in areas where there is no biblical issue. In fact, it can try to hold us to the very thing the Lord is trying to release us from (Romans 14:14, 20‑23).Read more...

Friday 13 July 2012

Hoe besig is ons werklik?

Een van die gerieflikste verskonings wat baie mense vandag gebruik is: "Ek is 'n besig mens, ek het nie tyd vir dit of dat nie". Die vraag kan egter gevra word of ons werklik so besig is? Is die werklikheid nie dalk dat ons net ons tyd verkeerd benut - of sommer net op sinnelose dinge verspil nie?! John MacArthur gee in sy kommentaar op Titus 2:2 'n kort opsomming van John Wesley se laaste jare - na my mening 'n navolgenswaardige voorbeeld wat vir ons voorgehou word:
"At the age of 83 - after having traveled some 250 000 miles on horseback, preached more than 40 000 sermons, and produced some 200 books and pamphlets - John Wesley regretted that he was unable to read and write for more that 15 hours a day without his eyes becoming too tired to work. After his 86th birthday, he admitted to an increasing tendency to lie in bed until 5:30 in the mornings!"

Wat sal ons aan die einde van ons lewens kan sê?

Thursday 14 June 2012

Boekelys bygevoeg

Ek het 'n boekelys onder die Jeremia Bediening bygevoeg met skakels na die digitale kopiee wat tans beskikbaar is. Kyk gerus daana: Jeremia Bedieing boekelys

Saturday 9 June 2012

Klankbane

Die eerste klankbaan van een van die preke is gelaai. Ek probeer die grote van die klankbaan so laag as moontlik hou, sonder om te veel kwaliteit in te boet. Ek sal dit waardeer as enige een vir my terugvoer kan gee oor die kwaliteit van die opname en/of die skakel vir die klankbane werk. Die eerste klankbaan wat gelaai is, is die eerste preek oor die bakens langs die geloofspad met Ps. 1 as Skriflesing onder "Preke".

Sunday 3 June 2012

Nuwe kategorie

Daar is 'n nuwe kategorie onder "preke" gevoeg: "Tematies". In die volgende paar weke word daar na tien beginsels vir die lewe van 'n gelowige gekyk. Die eerste een is "Vermy die kring van die spotters".

Wednesday 2 May 2012

Hoe kyk ons na mense?

In een van sy laaste briewe skryf die apostel Paulus aan Timotheus: “Dit is ’n betroubare woord en kan sonder voorbehoud aanvaar word: Christus Jesus het in die wêreld gekom om sondaars te verlos. Van hulle is ek die grootste. Maar juis daarom was God my genadig sodat Christus Jesus aan my, die grootste sondaar, al Sy verdraagsaamheid sou betoon en ek 'n voorbeeld kon wees vir almal wat in die toekoms in Hom sou glo om die ewige lewe te hê.” (1 Tim. 1:15-16)

Vir ’n lang tyd was Paulus ’n ywerige vervolger van die kerk van Christus. Hy het gelowige mans en vroue uit hulle huise gesleep en in die tronk laat gooi (Hand. 8:3). Hierdie tyd in sy lewe het diep wonde in die siel van die apostel gelaat nadat hy tot bekering gekom het. Hy het terug gekyk na wat hy gedoen het en sy sonde terdeë besef. ... Lees meer

Tuesday 17 April 2012

Christianity - Caught or Taught?!

The following is an excerpt out of “I am not Ashamed” by Dr. Martyn Lloyd-Jones, in which he describes the problem with modern Christianity quite skillfully.

Christianity us something that can be defined. It is something specific, not something vague and nebulous. It is something that can be stated, and must be stated, in propositions. Now here, you see, we com to the very heart of the modern confusion. We are forever reading in the papers about this new theology and this new morality and so on and how it is no use coming to  the twentieth century man with an old gospel. Modern man, we are told, thinks in new terms, he is a scientific man and so on, and he must have a new gospel, and the idea is that the gospel is something that cannot be defined. Christianity, we are told, is just some vague spirit. There was a slogan a few years ago that put it like this: ‘Christianity is caught not taught’. In other words, you do not know what it is, but suddenly you find yourself taken up by this thing, you ‘catch a spirit’. You do not know what has caught you nor what you have caught, but you feel differently and you want to do this, that and the other.

Or put it in the present time, Christianity is nothing but love and goodness. So if you want to find it you do not go to a place of worship, you do not listen to preaching, you do not read the Bible, you go mix with the common people, and there, as you mix with them, you find a great deal of kindness, a great deal of love and a great deal of goodness, and that is God. That is God! That is Christianity! You see, they tell us that we can be Christians without knowing it. It does not matter what a man believe; as long as he has this idea of goodness in him and wants to do good, he is a Christian, though he knows nothing – nothing about it at all.

Thursday 5 April 2012

Fantasie: 'n gawe of 'n vloek?!

Die volgende vraag in verband met “fantasie” is onlangs vir my gevra: “Fantasie is een van die dinge wat deur God in die mens ingeskape is, maar waar trek ons die lyn tussen die goeie en die verkeerde?”

As die kroon van die skepping het die Here die mens beslis uitermate geseën! Maar soos alles wat die Here goed geskape het – ja selfs “baie goed” geskape het – misbruik, verdraai en vermink die Satan ook... Lees meer

Wednesday 4 April 2012

Die Christus wat aanstoot gee

Paasfees is voor die deur – die tyd waartydens ons terugdink aan die kruisiging en opstanding van Jesus Christus. Dit is oor hierdie Jesus wat Paulus skryf: “Ek het my voorgeneem om met julle oor niks anders te praat nie as oor Jesus Christus, en wel oor Hom as die gekruisigde” (1 Kor. 2:2).

Tog is hierdie boodskap van die gekruisigde Jesus ’n aanstoot vir baie mense!

Vir solank Christus ’n Kindjie in ’n krip is, gee Hy nie aanstoot nie,... Lees meer

Monday 12 March 2012

Nuwe skakel

Daar is 'n nuwe skakel toegevoeg. Die blad "Die Erdekruik" het onder 'n nuwe blad "GPK Brakpan" ingeskuif. Tot die nuwe blad is ook die "Jeremia Bediening" (die literatuurprojek van die GPK) ingeskuif.

Saturday 3 March 2012

My wens vir my kind - aardse geluk of ewige heerlikheid?!

Christus sê aan Sy dissipels: 
Wat sal dit ’n mens help as hy die hele wêreld as wins verkry maar sy lewe verloor, of wat sal ’n mens gee in ruil vir sy lewe?” (Matt. 16:26)

Vandag val Christus se woorde egter op die dowe ore van baie mense (insluitend hulle wat as “Christene” bekend staan). Dit is tragies om te hoor hoe veel mense aards en tydelik redeneer – sonder om oor die gevolge vir die ewigheid te dink.

Vir baie ouers is dit veel belangriker dat hulle seun goed sal presteer op die sportveld... Lees meer

Thursday 26 January 2012

The Shack

Die afgelope paar weke het ek in 'n paar van my gesprekke met mense weer verwysings na "The Shack" gehoor. Sommige was vir die Shack, ander was daarteen. Daarom het ek dit goed gedink om hierdie skakel te plaas. Gary Gilley toon aan hoe gevaarlik "The Shack" is. Alhoewel die storie emosioneel boeiend mag wees, is die god wat in die Shack verkondig word, nie die Drie-Enige God wat ons in die Bybel leer ken nie.
http://www.svchapel.org/resources/book-reviews/15-fiction/428-the-shack-by-william-p-young