Wednesday 2 May 2012

Hoe kyk ons na mense?

In een van sy laaste briewe skryf die apostel Paulus aan Timotheus: “Dit is ’n betroubare woord en kan sonder voorbehoud aanvaar word: Christus Jesus het in die wêreld gekom om sondaars te verlos. Van hulle is ek die grootste. Maar juis daarom was God my genadig sodat Christus Jesus aan my, die grootste sondaar, al Sy verdraagsaamheid sou betoon en ek 'n voorbeeld kon wees vir almal wat in die toekoms in Hom sou glo om die ewige lewe te hê.” (1 Tim. 1:15-16)

Vir ’n lang tyd was Paulus ’n ywerige vervolger van die kerk van Christus. Hy het gelowige mans en vroue uit hulle huise gesleep en in die tronk laat gooi (Hand. 8:3). Hierdie tyd in sy lewe het diep wonde in die siel van die apostel gelaat nadat hy tot bekering gekom het. Hy het terug gekyk na wat hy gedoen het en sy sonde terdeë besef. ... Lees meer