DIE GELOFTE
My broers en mede-landgenote, hier staan ons voor die Heilige God van hemel en aarde om 'n gelofte aan Hom te doen, dat, as Hy ons sal beskerm en ons vyand in ons hand sal gee, ons die dag en datum elke jaar as 'n dankdag, soos 'n Sabbat sal deurbring: en dat ons 'n huis tot Sy eer sal oprig waar dit Hom behaag; en dat ons ook aan ons kinders sal sê dat hulle met ons daarin moet deel tot nagedagtenis ook vir die opkomende geslagte; want die eer van Sy Naam sal verheerlik word deur die roem en eer van die oorwinning aan Hom te gee.
Geloftedienspreek
No comments:
Post a Comment