"I preach as though Christ was crucified yesterday, rose from the dead today, and was coming back tomorrow" - Martin Luther
Sunday, 3 June 2012
Nuwe kategorie
Daar is 'n nuwe kategorie onder "preke" gevoeg: "Tematies". In die volgende paar weke word daar na tien beginsels vir die lewe van 'n gelowige gekyk. Die eerste een is "Vermy die kring van die spotters".
Wednesday, 2 May 2012
Hoe kyk ons na mense?
In een van sy laaste briewe skryf die apostel Paulus aan Timotheus: “Dit is ’n betroubare woord en kan sonder
voorbehoud aanvaar word: Christus Jesus het in die wêreld gekom om sondaars te
verlos. Van hulle is ek die grootste. Maar juis daarom was God my genadig sodat
Christus Jesus aan my, die grootste sondaar, al Sy verdraagsaamheid sou betoon
en ek 'n voorbeeld kon wees vir almal wat in die toekoms in Hom sou glo om die
ewige lewe te hê.” (1 Tim. 1:15-16)
Vir
’n lang tyd was Paulus ’n ywerige vervolger van die kerk van Christus. Hy het gelowige
mans en vroue uit hulle huise gesleep en in die tronk laat gooi (Hand. 8:3).
Hierdie tyd in sy lewe het diep wonde in die siel van die apostel gelaat nadat
hy tot bekering gekom het. Hy het terug gekyk na wat hy gedoen het en sy sonde terdeë
besef. ... Lees meer
Tuesday, 17 April 2012
Christianity - Caught or Taught?!
The
following is an excerpt out of “I am not Ashamed” by Dr. Martyn Lloyd-Jones, in
which he describes the problem with modern Christianity quite skillfully.
“Christianity
us something that can be defined. It is something specific, not something vague
and nebulous. It is something that can be stated, and must be stated, in
propositions. Now here, you see, we com to the very heart of the modern
confusion. We are forever reading in the papers about this new theology and
this new morality and so on and how it is no use coming to the twentieth century man with an old gospel.
Modern man, we are told, thinks in new terms, he is a scientific man and so on,
and he must have a new gospel, and the idea is that the gospel is something
that cannot be defined. Christianity, we are told, is just some vague spirit.
There was a slogan a few years ago that put it like this: ‘Christianity is
caught not taught’. In other words, you do not know what it is, but suddenly
you find yourself taken up by this thing, you ‘catch a spirit’. You do not know
what has caught you nor what you have caught, but you feel differently and you
want to do this, that and the other.
Or put it in
the present time, Christianity is nothing but love and goodness. So if you want
to find it you do not go to a place of worship, you do not listen to preaching,
you do not read the Bible, you go mix with the common people, and there, as you
mix with them, you find a great deal of kindness, a great deal of love and a
great deal of goodness, and that is God. That is God! That is Christianity! You
see, they tell us that we can be Christians without knowing it. It does not
matter what a man believe; as long as he has this idea of goodness in him and
wants to do good, he is a Christian, though he knows nothing – nothing about it
at all.”
Thursday, 5 April 2012
Fantasie: 'n gawe of 'n vloek?!
Die
volgende vraag in verband met “fantasie” is onlangs vir my gevra: “Fantasie is
een van die dinge wat deur God in die mens ingeskape is, maar waar trek ons die
lyn tussen die goeie en die verkeerde?”
Wednesday, 4 April 2012
Die Christus wat aanstoot gee
Paasfees
is voor die deur – die tyd waartydens ons terugdink aan die kruisiging en
opstanding van Jesus Christus. Dit is oor hierdie Jesus wat Paulus skryf: “Ek het my voorgeneem om met julle oor niks
anders te praat nie as oor Jesus Christus, en wel oor Hom as die gekruisigde”
(1 Kor. 2:2).
Vir solank Christus ’n Kindjie
in ’n krip is, gee Hy nie aanstoot nie,... Lees meer
Tog
is hierdie boodskap van die gekruisigde Jesus ’n aanstoot vir baie mense!
Monday, 12 March 2012
Nuwe skakel
Daar is 'n nuwe skakel toegevoeg. Die blad "Die Erdekruik" het onder 'n nuwe blad "GPK Brakpan" ingeskuif. Tot die nuwe blad is ook die "Jeremia Bediening" (die literatuurprojek van die GPK) ingeskuif.
Saturday, 3 March 2012
My wens vir my kind - aardse geluk of ewige heerlikheid?!
Christus sê aan Sy dissipels:
“Wat
sal dit ’n mens help as hy die hele wêreld as wins verkry maar sy lewe verloor,
of wat sal ’n mens gee in ruil vir sy lewe?” (Matt. 16:26)
Vandag val Christus se woorde egter op die dowe ore van baie mense
(insluitend hulle wat as “Christene”
bekend staan). Dit is tragies om te hoor hoe veel mense aards en tydelik
redeneer – sonder om oor die gevolge vir die ewigheid te dink.
Vir baie ouers is dit veel belangriker dat hulle seun goed sal
presteer op die sportveld... Lees meer
Subscribe to:
Posts (Atom)